Hier deel ek resepte wat ek reeds uitgetoets het wat baie lekker is.
Die belangrikste punte om te onthou:
- Dit is 'n low carb dieet. Hou dus jou carbs dop.
- Rule of thumb: Groente kan jy eet wat bo die grond groei, maar nie onder die grond nie.
- Rys, graan, brood en aartappels is uit!
- Geen suiker en probeer versoeters met aspartaan vermy.
- Gebruik Xylitol as versoeter
- Geen gaskoeldrank
- Blomkool is groot!
- Botter is groot
- Bacon is groot
- Room is groot!
Om mee te begin.... hier is 'n heerlike pampoensop
Pampoensop
'n Handvol Pampoensade
1 Eetlepel Botter
Ui
Pampoenblokkies (soveel as jy wil- hoe meer, hoe dikker is jou sop)
Hoender aftreksel (Ek kroek hier 'n bietjie en gebruik Stock-pot)
Water
Cumin/Komyn
Neutmuskaat/Nutmeg
2 Eetlepels Room
Metode
Gebruik botter en roerbraai die pampoensade tot gerooster. Plaas dit eenkant, want jy gaan dit later gebruik om jou sop te garneer, en dit smaak ook lekker neuterig
Braai die ui tot sag
Voeg die pampoenblokkies by en braai totdat die kante begin sag word en die pampoen goudkleurig word.
Voeg nou die hoenderaftreksel en speserye by en laat prut tot die pampoen lekker sag is.
Blitz nou die hele spulletjie saam (behalwe natuurlik die pampoensade) tot 'n puree
Roer jou room in en garneer met die pampoensade
Jy kan nou ook feta en bacon byvoeg na smaak.
Lekker eet!
No comments:
Post a Comment